Aktueel, aktief, Afrikaans!

PRAAG  Oor die afgelope paar dae was daar ‘n hele debat op Facebook en Twitter, asook ons Praagwebwerf, oor die skryfster Riana Scheepers se uitlating ná ‘n plaasaanval op haar ouers: “Hulle is nie rassiste wat in ‘n wit toring sit nie.” Agterna het Fransi Phillips gevra: “Verdien ‘wit rassiste’ dan die doodstraf?”

afrikaanstaalmonumentlarge

Uit die reaksies van derduisende mense op sosiale media en die kommentaarafdelings van koerante, lyk dit asof die draaipunt nou gekom het. Terwyl vele Afrikaners nog in ontkenning leef of weens ‘n swaar lading “wit skuld” geweld en diskriminasie maar net gelate aanvaar, is die skille tog besig om van die meeste mense se oë af te val. Soos net voor die Berlynse Muur in 1989 ineengestort het, kry mens die gevoel van: propaganda en breinspoeling strek ook net só ver. Elke mens is steeds met gesonde verstand geseën en wee die dag as hy dit begin gebruik!

Ons gevoel by PRAAG is een van opgewondenheid, want vir die eerste keer is daar by Afrikaners ‘n honger na kennis, na argumente en ‘n soeke na oplossings vir die penarie – nee, die krisis – waarin ons ons bevind.

Die tyd vir Afrikanerherlewing het aangebreek. Daarom móét u ons nou bemagtig om ‘n veel groter rol in die land en internasionaal te speel. Indien u nie reeds lid is nie, sluit dadelik by PRAAG aan deur na ons werwingsblad te gaan. PRAAG is uniek onder Afrikaanse organisasies omdat u in ruil vir ‘n karige bedraggie per maand veel meer aan waarde terug ontvang by wyse van toegang tot ons aanlynbiblioteek van 23 000 boeke en leesstof op ons verskillende webwerwe, waaronder praag.co.za en praag.org, as wat u betaal.

Een van die afgryslikste propagandatempels in die land is die anti-apartheidsmuseum by Gold Reef City wat deur die Krog-broers teen miljoene rand opgerig is. Daar word ‘n video van dr. Hendrik Verwoerd oor en oor gespeel waarin hy sê dat hy na ‘n “finale oplossing” vir Suid-Afrika se probleme soek. Die video word so aangebied dat dit moet sinspeel op Hitler se woorde dat hy ‘n “finale oplossing” (Endlösung) vir Duitsland se “Jodeprobleem” soek.

Hierdie soort wanvoorstellings van ons geskiedenis word elke dag in die media gemaak en persoonlik word ek afgekraak, daar word gesê dat ek op Max du Preez verlief is en soos die gunstelinig van Stellenbosch-universiteit, die Trotskiïs dr. Neville Alexander my eenkeer toegesnou het: “Man, die Afrikaner is ‘n lyk. Jy is net nie op hoogte nie!” Meer onlangs het dr. Piet Croucamp van die University of Johannesburg, die oorblyfsel van die eens trotse Ranse Afrikaanse Universiteit, my ook verseker: “Niemand wil meer ‘n Afrikaner wees nie.”

Die punt is egter dat, hoewel die tuislande daarmee heen is en nou net braak lê, ons soos dr. Verwoerd aan ‘n langtermynoplossing vir ons oorlewingsprobleem sal moet dink. Gister het ek op Twitter genoem dat ek twaalf jaar gelede saam met Frederik van Zyl Slabbert en Chris Louw in Melville gaan koffie drink het. Destyds was daar sprake van ‘n Afrikanerhergroepering met die stigting van die “Groep van 63” en dergelike meer.

Veral Louw se selfmoord met ‘n AK-47 op sy plasie by die Hartebeestpoortdam later het my diep geskok en spreek vir my van die uitsigloosheid van ons huidige situasie. Maar Slabbert het destyds met groot selfvertroue gesê dat die Afrikaner net die huidige bestel moet aanvaar en daarbinne kan hy “binne twee jaar” vir hom waarborge vir Afrikaanse skole en universiteite “onderhandel”. Daarvan het natuurlik dadels gekom. Ek het egter vir hom gesê dat ons eers die Groot Leuen rondom ons geskiedenis en ons land sal moet aftakel alvorens ‘n nuwe bestel tot stand mag kom.

“Dit sal jou tien jaar vat,” het Slabbert gesê. “Dis veels te lank.” Die tien jaar is egter in ‘n oogwink verby en vandag kan ons sien dat almal wat die ANC-propaganda probeer napraat het terwyl hulle ‘n paar krummels vir die Afrikaner van die tafel probeer afsteel, liederlik misluk het.

Ons “tienjaarprojek” het egter geslaag, want sowel plaaslik as in die buiteland is die Groot Leuen reeds vol gate, al is die Mandela-kultus nog in volle swang. Sonder wit skuld en die “stilbly”-praatjies van akademici en die hoofstroommedia wat wil hê ons moet swyg, kan ons oplaas nuut oor ons toekoms begin dink. Soos die jong filosoof Louise Mabille dit nou die dag op ons webblad gestel het: “Daar moet lewe wees anderkant Mandela.”

Ek is besonder trots op wat ons vermag het, asook op die talentvolle groep rubriekskrywers en ondersteuners wat ons opgebou het. En anders as ‘n vorige geslag wat vliegtuie en tenks gehad het, maar nie ‘n standpunt kon inneem nie, doen ons dit sonder om polities korrek te probeer wees of die Groot Leuen van Afrikanerboosheid in die verlede te aanvaar.

As ons eers ons geestelike kettings van ons afwerp, is daar niks wat ons nie kan vermag nie. Ons taal en kultuur sal weer opbloei soos in die 1960s en ons sal vir ons veiligheid en werk kan skep. Nuwe SANLAMs sal tot stand kom – daar waar SANLAM so pas sy rug op Afrikaans en die Afrikaner gekeer het. Duitsland het bewys dat ‘n mens ‘n wêreldoorlog kan verloor, maar deur harde werk die vrede kan wen!

As ons eers die wit skuld, breinspoeling en verlamming van ons afskud, sal niks ons keer nie. Danksy PRAAG se harde werk in die nuwe media, is die eerste veldslag gewen en daar is weer nugterheid by ons mense. Die stryd is egter nog lank nie verby nie.

Juis nou moet ons tot die aanval oorgaan en die spul meelopers en skuldsmouse uit hul gate gaan rook!

Kom ons bewapen onsself met kennis en argumente. Sluit aan by PRAAG en skep vir ons kinders ‘n toekoms!

Met vriendelike groete,

Auteur: Dr. Dan Roodt

Direkteur, PRAAG

image_pdfimage_print
Share

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *